Kampeerder, weekenders of langstaners.

Die verskillende soort kampeerders.

Kampers of kampeerders, soos jy hulle ook al wil noem is ‘n unieke groep in die toerisme bedryf. ‘n Kampvriend het hulle in die drie besondere groepe ingedeel. As jy saam kom tent opslaan en bietjie dieper delf sal jy verstaan wat hy bedoel.

“Kampeerders”, “Weekenders” en dan natuurlik ook die “langstaners.”

  • Kampeerders is die ouens wat kamp omdat hulle graag wil kamp, ander respekteer en vir ‘n vakansie in die natuur wil wees. Hulle wil bederf voel daarom kies hulle ‘n veilige rustige kampterrein met mooi goed versorgde badkamers.
  • Weekenders daar in teen is die klomp wat vinnig en raserig vir ‘n naweek op ‘n kampterrein toe sak. Vinnig opslaan of sommer so op ‘n bakkie slaap, alles laat rond le en ‘n vuil streep in die badkamers laat. Vrydagaand kom hulle glad nie tot ruste nie en gaan tot Saterdag nag aan. Sondagoggend word alles terug gebondel want hulle moet 11 uur uit wees.
  • Langstaners, gewoonlik die ouergarde, kom behoorlik toegerus by ‘n kampterrein aan. Hulle het voortydig bespreek en seker gemaak hulle kry daardie staanplek waarop hulle vir ‘n maand of heel moontlik langer wil staan. Hulle is bereid om met hand en tand vir daardie spesiale plek te veg. Hulle bou soos versamelvoels in die kalahari, ‘n karavaan, ‘n tent en nog ‘n tent, ‘n afdak of gazebo, skadu vir die voertuig en storm nette vir privaatheid. En dan laag op laag bo-oor. Silwerdoek vir die son, stormnet vir die wind en stormbande met dik toue en penne wat in die grond geanker is.
Epupa Lodge, nader aan die Kunene kan jy nie.

Lewer kommentaar