Ons ry met die B1 in Usakos se rigting. Dis net 161 km, waarvan die meeste teerpad is, tot by ons volgende bestemming. Soos ons vorder skuif ons bestemming in die verte nader. Die woestyn bederf ons met baie mooi gras. Ons draai op die D1918 af en kry later die D3716 (wat erg uitgery … Lees meer 85 Dae, 14 Kampplekke, 8 450 Kilometers – ons doelwit vir 2025. (Deel 2)
85 Dae, 14 Kampplekke, 8 450 Kilometers – ons doelwit vir 2025. (Deel 1)
Met goeie beplanning kan mens enige reiservaring 3 keer geniet. Eers die navorsing, beplanning en voorbereidings, dan kom die toer en dan die herinneringe en na-betragting. 90 dae is die maksimum wat ons in Namibië sonder 'n visum kan bly en ons wou dit vanjaar optimaal benut. Die ander ideaal wat ons het, is om … Lees meer 85 Dae, 14 Kampplekke, 8 450 Kilometers – ons doelwit vir 2025. (Deel 1)
Padstalle en lekker stopplekke langs die langpad.
Soos baie dinge in die lewe is daar ook vereistes waaraan 'n lekker stopplek langs die pad, moet voldoen. Basies moet dit alle verwagtings oortref en jou onmiddelik tuis laat voel. Skoon en netjiese badkamers is ook ononderhandelbaar. Natuurlik kan dit ook binne 'n dorpie wees of sommer op die vlak, waar mens dit glad … Lees meer Padstalle en lekker stopplekke langs die langpad.
Blyderiviercanyon:
Die Blyderiviercanyon is een van die drie grootste canyons op aarde. Anders as die Visriviercanyon in Namibie en die Grand Canyon is die Blyderiviercanyon 'n groen canyon. Die klimaat is subtropies, die winters is gematig, maar die somers baie warm en vogtig. Hier kan meer as 2 000 milimeter reën in 'n jaar val. Die … Lees meer Blyderiviercanyon:
Bome: Sierade van Namibië
Hiervan is maar min in ons hartsland, daarom is daar soveel waardering vir elke boom wat sy staan staan en sy beskeie taak verrig. Die Kameeldoring, die bekendste en algemeenste. (Vachellia Erioloba) Die geharde, stadige groeier vat jare om 'n merk te maak. Hy oorleef geweldige droogtes maar groei weelderig as sy wortels water raak … Lees meer Bome: Sierade van Namibië
Heidelberg Pampoenfees
Elke jaar Maart of April gebeur die ding in Heidelberg in die Wes Kaap. Maar dit is nou nie waar dit begin nie. Maande voor die fees word pampoenpitte ingevoer, uitgeruil en geplant. Raad en bystand word vroeg al gevra, maar elkeen bewaar sy resep. Pitte word in die beste grond geplant eers binnenshuis en … Lees meer Heidelberg Pampoenfees
Selfs die kleinste of aardigste tel.
Van 'n versamelvoelnes tot die kleinste uil. Kyk wat het ons nog op ons kamara vasgele.
Klein Karoo
In die Klein Karoo moet jy met jou neus op die grond loop om die mooi te sien. Wanneer jou neus in die lug is, mis jy alles. Die Kleinkaroo is suinig met sy skatte. Gewoonlik is dit droog, woestynagtig, klipperig en sonder bekoring, maar gee hom kans. Selfs in die droogste tye beloon die … Lees meer Klein Karoo
Hartenbos ATKV
Anders kan ons dit nie stel nie. Dis nie net n vakansie of n kamp nie, dis n totale ervaring. Dis iets wat mens beleef as jy met jou trekvoertuig, meesal n bakkie, en karavaan hier intrek. Dis in der waarheid dat die rooitapyt vir jou uitgerol word. Verwelkomings van ooral oor. Selfs die span … Lees meer Hartenbos ATKV
Koimasis in die Tirasberge is een van die mooiste kampe waar ons nog gekamp het.
Dit was Mei 2016 toe ons in die nag by Koimasiskamp in die Tirasberge van ‘n dreuning wakker skrik. Jou eerste gedagte ‘n trein, maar hier is geen treinspoor nie, net nie ‘n aardbewing nie, maar dan tref dit ons. Ons boswa ruk heen en weer. Ons vrees die tent skeur. My man spring op … Lees meer Koimasis in die Tirasberge is een van die mooiste kampe waar ons nog gekamp het.