Namibië: Reisdokumente
- Met ‘n paspoort wat vir ten minste nog 6 maande geldig is kan jy 3 maande in Namibië bly. As jy langer wil bly moet jy vir ‘n visum aansoek doen.
- Ons stel altyd die maatskappy waar ons voertuig verseker is, in kennis van die tydperk wat ons in Namibië gaan wees. Hulle voorsien ons dan van die nodige dokumente indien daar ‘n eis sou wees.
- Die oorspronklike of gesertifiseerde afskrifte van registrasie dokumente van jou voertuig en sleepsels kan by die grens vereis word. Indien jou voertuig op huurkoop is moet die nodige dokumente van die bank vir die huurkoop verkry word.
- Stel ook jou mediesefonds in kennis. Ek gebruik Dicovery se webwerf om vir die “Bot” vir die nodige reisdokumente te vra. Dit word onmiddelik vir my gestuur.
- Tref die nodige reëlings vir jou kroniese medikasie. Sorg dat jou voorskrif op datum is. Ons reël met ons fonds om 3 maande se medikasie vooruit kry. Apteke en dokters stuur nie rekenings na die mediesefondse in Suid Afrika nie.
Namibië: Wat mag jy nie oor die grens vat nie?
- Geen rou rooivleis nie. Hulle is baie streng omdat hulle hul “geen bek-en-klou-seer” status beskerm en ons moet dit respekteer. Onthou ook die rooilyn in die Noorde van Namibië, jy mag rooivleis Noord vat maar jy mag nie rou rooivleis suid oor die rooilyn bring nie. Soms word rou hoedervleis, bacon en eiers ook gekonfiskeer. Help nie om met hulle te redeneer nie, sorg net dat daar niks in jou yskas/vrieskas is nie.)
- Dan ook nie mieliemeel nie. Nogal vreemd, maar dis orals in Namibië beskikbaar dat jy dit maar daar kan koop.
- Daar is voortdurende veranderings. Dis dalk ‘n goeie plan om die AA te kontak voordat jy vertrek.
Namibië: Grens etiket:
- Sorg dat jou dokumente op datum en byderhand is.
- Voltooi en teken die nodige vorms duidelik.
- Antwoord vrae reguit met so min as moontlik woorde.
- Wees bedagsaam en vriendelik. (Gooi maar ‘n “opregte” komplimentjie in) Ons het nog nooit enige probleme met die mense by die grens gehad nie.
Namibië: Geld en banke:
- Die Suid Afrikanse rand en Namibiese dollar is gelyk in waarde. Jy het nie nodig om kontant vir dollars te ruil nie.
- Stel jou bank in kennis dat jy jou debiet- en kredietkaarte in Namibië gaan gebruik anders kan die kaarte dalk gestop word vir veiligheid. Daar is nommers agter op jou kaarte wat jy daarvoor kan skakel.
- Jy kan al die vulstasies en supermarket en ander plekke met ons bankkaarte betaal. Jy kan selfs met Suid Afrikaanse rand betaal maar hulle sal vir jou Namibiese dollar vir kleingeld gee. Ons gooi brandstof in met al ons dollars voor ons terug oor die grens gaan.
- Banke in Namibia: Standard Bank, Eerste Nationaal en Bank Windhoek


Namibië: Selfone:
- Onthou om jou selfoon 24 uur voor jy oor die grens gaan op “Roam” te sit. Vra gerus vir Google ”How to switch roaming on”.
- Dis baie belangrik vir jou boodskappe van die bank en ander belangrike kennisgewings wat jy gewoonlik ontvang.
- Vir ons is dit handig om ‘n ou selfoon saam te vat. Koop by die eerste moontlike plek ‘n MTC simkaart en “AWHEH” lugtyd of data. (Jy het geen fika dokumente nodig nie. Die personeel waar jy dit koop is baie hulpvaardig en help graag.) Dis baie goedkoop en hou vir ‘n week vandat jy dit opgesit het. (Vra Google vir meer inligting). Daar is reg oor die land MTC torings. Ons kon al ons selfoon op plekke gebruik waar daar nie Vodacom ontvangs was nie. Ons maak met ons selfoon ‘n “Wifi Hotspot” vir ons rekenaars. Die meeste kampplekke het ook Wifi. Vra gerus vir die “password”
Namibië: Veiligheid en Etiket:
- Die plaaslike mense is baie trots en hulpvaardig, maar moet nie mense sommer vertrou nie.
- Die werkloosheidsyfer is maar hoog, in die dorpe is daar maar altyd iemand wat bedel of probeer aas.
- Probeer om ver van dorpe of nedersettings af te stop vir piekniek langs die pad.
- As jy langs die pad wil oorslaap, vra as jy ‘n opstal daar naby opmerk.
- Hou ‘n spaar bottel met water byderhand, ons het al dikwels mense langs die paaie in die afgeleë gebiede gekry wat vir water vra. (Plastiese bottels is ook vir hulle ‘n groot hulpmiddel.)
- Vra voordat jy foto’s van hulle neem. Hulle kan jou dalk geld daarvoor vra.
- Dikwels vra mamma’s met baba’s medisyne vir die baba, onthou as jy 10 pille gee, gee hulle dit alles op een slag vir die baba of hulle drink dit self.
- Moet ook nie lekkers uitdeel nie. Daar is nie tandheelkundiges nie.
- Moet hulle ook nie bederf met drank en sigarette nie.



KAMPKASKENADES:
Soos wat kampterreine en geleenthede verskil gaan jou kampe ook van mekaar verskil. Soms slaan ons vinnig op net om oor te slaap, ander keer slaan ons op om uit te span. Wasgoed moet gewas word en aankope moet gedoen word. Dalk ‘n band of ‘n stukkende agterruit vervang.
Die weersomstandighede speel ook ‘n rol. Die voorkant van jou tent moenie die wind vang nie, tog wil jy ook nie die ooste of weste son op jou kombuis he nie. Daar is immers niks so lekker as om jou eerste beker koffie of om jou aandete in die skadu van jou tent te maak nie. Noord of suid is ideaal – ongelukkig verleen die terrein hom nie altyd daartoe nie en vat jy maar wat jy kry.



Kamptoerusting:
Goed begin is half gewin, is beslis hier van toepassing.
Toerustinglys vir Boswa
| Tent/afdak vir kombuis Toue/Stormbande Pale Penne/hamer Grafie Grondseile Matjies vir binne en buite | Tafel Stoele Skinkbordjies Kassie vir tent Toiletstoeltjie | Sleutels/slotte Handskoene Windbreker en pale |
| Toerusting vir Elektrisiteit: Verleningskabels (Lank en kort) Multiplugs (Blou adaptor) 2 punt- en ronde plugs | Sonpaneel en Kabel Elektriese Kabbel vir yskas/Induksiestoof | Sonpaneel lig Flitsies Batteryligte 12 volt Buitelig/Staander |
| Toerusting vir Gas: Gasbottels Stofie met windskerm Ketel vir gasstoof en induksiestoof | Braaitoerusting: Braaitang koletang Staalborsel Rooster en staander | Om vuur te maak: Charcoal/hout Firelighters Vuurhoudjies/aansteker Ou koerante |
| Vir Elektrisiteit/gas of vuur Ysterpotte Ysterbroodpannetjie | Stainless steel kastrol Melkpotjie Pannekoekpan Plunger | Hangers Hakkies |
| Plastiesebakke: Slaaibakke Bakkies vir lekkers en padkos Plastiese sakkies | Pompie vir water Stortsak | Knieskottel Maatbeker/lepels Melkbeker |
| Skottelgoed: Wasbak/Afdroograk Vadoeke/Handskoene Skuurders (Sponsie en Staalwol) Vadoeke Skottelgoedseep Vatlappe Tafeldoek/Vlieenet | Wasgoed Emmertjie/Opvou skottel Seeppoeier Pennetjies/hangers Tou Blykmiddel Handy Andy Doom/ Piecefullsleep | Skoonmaak: Stoflap/vloerlap Besem Stofskoppie Emmertjie – vuilgoed. Emmertjie/beker – toilet Vuilgoedsakke –swart Naald/gare/sker |
| Borde Bakkies Bekers/Glase Messe/Steakmesse Vurke Lepels Teelepels Teesiffie | Broodmes/vleismes Snybord Eierspaan Rasper Blik/bottel-oopmaker Groentemes/Skiller Groot vurk/Tang Klitser/Balonklitser Houtlepel | Broodrooster Elektriese klitser Resepteboek Sker |
| Beddegoed Kussings Pas en bo lakens Kussingslope | Handdoeke (bad/hande) Waslappe Stortmatjies/plakkies Swemhanddoeke | Komberse/Flees Comferter Slaapsak |
| Klere: Onderklere Broeke/Langbroeke/Gordels Hemde Sakdoeke Skoene/Tekkies/Sandale Slaapklere | Klere vir my: Onderklere Broeke/Langbroeke Hemde Sandale/Tekkies Slaapklere | Baadjies Kouse Musse Sweetpakke Swemklere Hoede |
| Toiletware: Papiersakdoeke Toiletpapier Wet-wipes/Gel Naelborsel/knipper/vyl | Tandepaste/Tandeborsels Shampoo Seep Hande/gesigroom | Sonbrandmiddel Liproom Tandeflos |
| Bad/wasbakprop | Spieël | Haardroër Skeermesse |
| Kamara met kaarte Batterye met laaier USB Kabel Selfoon met laaier Battery pack met lig Labtops | Sonbril Leesbril Verkyker Voëlboeke Tydskrifte/storieboeke Musiek op sticks Stapsakke/stokke | Paspoorte Registrasie dokumente Wild Card/Gondwana kaart ID dokumente Bestuurlesensies Besprekingsdokumente Kaarte Dt/Kt Verskering en Medies |
| Medisyne tassie: Hoofpyn Breë spektrum Antibiotika Anti inflimatoriese middels Spierverslappers Pyn en Koors Anti histamiene/Celestamien Rehidrasie/Diareë/Naarheid/maagkrampe Aspirien vir sonbrand Brandwonde/Burnshield | Eno’s/ sitrosoda Sooibrand Multivitamiene Reissiekte Kroniese medikasie (Met voorskrif) Neussproei/ Oogdruppels Antiseptiese sproei Antibiotiese salf Space blanket Phenergan vir jeuk. | NOODHULP Naald/Twizer Pleister/Verbande Gaas Spalkmateriaal Handskoene (Vir Bloublasies: Seewater Skraap af en Smeer Asyn aan.) |
| Mylol/Tabart vir muskiete Netjies vir muggies | Vlieëgif-spuitkannetjies Miergif | Muskietbrander met matjies |
| Tee/Rooibostee Koffie/Moerkoffie Suiker/Bruinsuiker Warm sjokolade Pakkies Late | Speserye: Sout Peper Braaivleis speserye Knoffel Kerriepoeier | Algemeen Kaneelsuiker Saltanus/rosyne Cranberries |
| Graanvlokkies (Cereals) Oats Mieliemeel Boksmelk Meel: Koekmeel/broodmeel Rys/Pasta Bakpoeier/suurdeeg Olie/olyfolie Mayonaise Slaaisous/Asyn Tamatiesous/Worcestersous/Blatjang Mostert Souspoeier/soppoeier/marineerpoeier Pakkies Broodmengsel | Blikkies: Tamaties Roommielies/Pitmielies Ertjies Baked beans/Groenboontjies Tuna Sardiens in tamatiesous Ingelegte vrugte Pynappelstukke Kondensmelk Klapperroom Konfeit/Stroop/Grondboontjiebotter | Algemeen Foelie Gladwrap Servette Papierhanddoeke Spray n Cook Tandestokkies Ziplock sakkies |
| In die Yskas: Melk Botter/margarien Kaas/Fetakaas Eiers Room (vars) Yogurd | In die vrieskas: Skaaptjops Skaapribbetjie Steak Wors Bacon Gevriesde groente | Hoender: Borsies vir roerbraai Boudjies en dye |
| Vir Peusel: Grondboontjies Rosyne Neute Koekies Chips/kaaskrulle/soutkoekies Kasies | Beskuit | Nagereg: Malva lekkers Bar one Ingelegte vrugte Vla/Vlapoeier Jelliepoeier |
| Groente wat lank hou: Wortels Patats Artappels Uie Butternutpampoentjies Lemoenpampoentjies | Vir mengelslaai: Tamaties Komkommer Blare Green peper Wortels vir slaai Beetslaai Koolslaai Kerrieboontjies | Vrugte: Appels Suurlemoene Piesangs Lemoene |
Theuns: Gereedskapkas
| Aansitkabels Bandherstelstel Batterylaaier Bloudraad Boute en moere Brandblusser Brandstoftappyp Byl Domkrag Draadtang Duck tape Graaf | Hamer Handskoene Hex sleutels Kabelstroppe Klamptang Langbektang Moersleutels Silikon Skroewedraaiers: (Plat en sterpunt) Sleeptou Sokstelle Stofmatjie Superglu | Tentherstel-stel Tou Tuinslang Verstelbare moersleutel Wassers/seels/O-ring Waterpomptang Salotape Bubble wrap Ou komberse/handdoeke NB. Tyre Monies Lugdrukpomp |
| Tent/afdak vir kombuis Toue/Stormbande Pale /Kort pen vir afdak Penne/hamer Grafie Grondseile Matjies vir binne en buite | Wit tafel met pote Stoele Skinkbordjies Kassie vir tent Toiletstoeltjie | Sleutels/slotte Handskoene Windbreker en pale Borsel vir Ritsluiters |
| Braaitoerusting: Braaitang Staalborsel Rooster en staander Koletang/kole-emmer | Om vuur te maak: Charcoal/hout Firelighters Vuurhoudjies/aansteker Ou koerante | Toerusting vir Elektrisiteit: Verleningskabels (Lank en kort) Multiplugs (Blou adaptor) 2 punt- en ronde plugs Sonpaneel en Kabel Elektriese Kabbel vir yskas Sonpaneel lig |