Tuisblad

Pensioen of aftrede kan baie traumaties wees. Eers kan mens nie byhou met alles wat jy graag nog wou doen nie, maar dan tref die werklikheid jou. Jy moet jouself vermaak en besig hou, jou lewe interessant maak. Die langpad was nog altyd vir ons ‘n uitdaging, daarom het ons keuse op reis, kamp en verken geval. Daarby kom lekker eet sonder om ure te staan.

Om die kuns van kamp te vervolmaak het ons gretig by ouer kampeerders kers op gesteek. Natuurlik is tydskrifte ook tot groot hulp. Jy moet net bereid wees om te leer.

‘n Ligte digitale kamara is ook handig om mens se herinneringe in te kleur.

Maak rondry ‘n uitdaging.

Die feit dat ons voor Google, internet en selfs TV was maak dat ons groot waardering daarvoor het. Dit is vir my die lekkerste om sommer op my selfoon op Googlemaps te kyk hoe die paaie loop of om op Google bietjie navorsing te doen oor die geskiedenis van ‘n dorp, watter rivier of dam dit is of ‘n vreemde gedenkteken langs die pad. Dit het my wereld sonder veel moeite vergroot.

Aanvanklik was ek ook bang vir die goed. Maar hoekom, het ek gewonder, totdat ek aan my agtergrond gedink het. Dit was mos maar net die draadloos wat met ‘n battery gewerk het. Ons was so bang die ding breek. Ons het hom met die grootste respek behandel. Die winkel was ver en die naaste winkel het ook nie een gehad nie. As die battery pap is kon ons ook nie verder enigiets geluister het nie. So ons het die tegnologie maar liewer net vir grootmense gelos.

Net iets meer oor my blog. Ek het dit goed gedink om ‘n menu op te stel. Maak elke bladsy oop en lees. Soos die tyd kom sal ek dit aanvul. My stories sal ek onder Kaskenades publiseer.

Onthou om my te volg vir elke nuwe vertelling. Moenie agter raak nie.

Kom deel in ons prettige reiservarings.

Elize