Selfs die kleinste of aardigste tel.

Maltahohe: Swaeltjies in die nes.

Maltahohe: Koringkriek bak in die son.

Weltevredeplaas: Koringkrieke.

Sossusvlei: Woestynspinnekop wag vir sy prooi.

Onder is ‘n akkedis, koringkrieke en ‘n lui aasvoel wat in die son bak.

Uile is altyd ‘n verrassing.

Koggelmander, skilpad, gespikkelde bosslang, naaldekoker, bromvoel, likewaan en ‘n vlermuis, een so uniek soos die ander.

Ek kon nog nooit uitvind wat met die slang gebeur het nie.

Die groot man het ‘n ystervark aangevat.

Een gemsbok sonder horings, een sonder ‘n stert en een perfek met stert en horings.

Die Kaapse kobra of geelslang klim boom.

Twee uilkuikens in die Kruger.

Die nonnetjie uil hou ‘n leeu onder die boom dop.

Die uilkuiken het uit die nes geklim maar ons met groot oe dop gehou.

Die skopsuiltjie is skaars groter as ‘n mossie. Jy moet baie mooi kyk om hom teen die boom se stam raak te sien.

Drie uile in ‘n Vaalkameeldoringboom helder oordag is ‘n rare verskynsel.

Soek die uilkuiken se ouers in die boom.

Drie uile net voor die son opkom.

‘n Volstruis gesin in die Kgalagadi.

Renosters in die Krugerpark

Kleinbyvreter, in die Krugerpark

Bateleur (Berghaan). Fisante en slange is hul poeding. Kuikens moet ook kos kry.

As jy leeus wil kyk is daar geen beter plek as die Kgalagadi nie.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.