In die Klein Karoo moet jy met jou neus op die grond loop om die mooi te sien. Wanneer jou neus in die lug is, mis jy alles.
Die Kleinkaroo is suinig met sy skatte. Gewoonlik is dit droog, woestynagtig, klipperig en sonder bekoring, maar gee hom kans.




Selfs in die droogste tye beloon die Klein Karoo die fyn kyker. Neus op die grond tussen die klippe ontdek jy skatte.
Net so uniek die plantjies is, net so uniek is hulle name.
Bababoudjies, volstruistone, dasknopies en gansmissies groei elkeen in sy eie besondere habitat. Soms kruip hulle tot saam onder ‘n bossie weg. Ander beskerm hulle weer met wilde dorings.






Ligene groei op die kwarts en die klippe.


En as die reen kom ……..





loop al wat ‘n voortjie is, dan word die damme vol en vinnig is jy verras met ‘n blommeprag wat Namakwaland se kop sal laat sak. Plante wat reeds lank dood gelyk het raak groen en blom.












So ver as die oog kan sien verkleur die velde en rante pers van die vygies wat uitbundig blom.






Spekboom, klapperbos, doringboom en karooboerboon wys dan hul volle kleure.




Hier loop jy ook Kanniedood, Ghaap en Kankerbos raak.



Soms kom saadjies op of bolletjies maak net blare en blomme.


Nog ‘n skat in die Kleinkaroo is hulle volstruispaleise en ou geboue. (Hier sal ek maar later nog moet bysit)



Die Kleinkaroo se hart is groot. Hy het ook plek vir verskeie boerderye.
Die Hanepoot is geil en soet.



Dis veral ideaal om uie en wortels vir saad hier te plant.



Maar die heel grootste skat in die steek is die mense. Maak tyd om te stop en te kuier.
Soms drink ons tee onder die Karooboerboon, ander kere braai ons in die skaapkampies op die groengras of ons maak ontbyt by die Gwarrieboskamp.

Die Klein Karoo strek ongeveer van die Langeberge tot by die Swartberge en die Outenikwaberge.
Berge in die streek: Anysberg, Touwsberg, Rooiberg, Gamkaberg, Kammanassieberge, Antoniesberg en Warmwaterberge.
Passe en poorte na die Klein Karoo:
Die Langeberge: Kochmanskloof by Montagu, Tradouwpas by Barrydale, Garciapas van Riversdal na Ladismith en die Cloetespas van Mosselbaai na Ladismith.
Die Gysmanshoekpas van Doornrivier naby Barrydale na Riversdal en Heidelberg is ‘n maklike 4×4 roete. In die 1700’s het die ossewaens die pas gebruik om vragte van Heidelberg na Ladismith te vervoer. Die pas is ongeteer en loop al langs die natuurlike hange van die Langeberge.






Die Swartberge: Meiringspoort, Seweweekspoort, Swartbergpas.
Dorpe: Barrydale, Ladismith, Zoar, Amalienstein, Calitzdorp, Oudtshoorn, De Rust en Uniondale.
Roete: Ry met die R62 van Roberton tot by Uniondale. Maar maak tyd om al die afdraaie te vat. ‘n Beter plan is om te kamp of ‘n luukse oornag plek te kry.