Friemersheim

Die klein landbou gemeenskap 15 km vanaf Groot Brakrivier is aan die voet van die Outeniqua berg gelee. Johann Kretzen van die Berlynse Sending genootskap het die plaas, Gonnakraal in 1869 by sy suster gekoop en ‘n skool en ‘n kerk gebou. Nadat sy suster in 1872 oorlede is die plaas aan die Nederduits Gereformeerde Sending genootskap oorgedra en is die naam na die Kretzen’s se geboorte dorp in Duitsland, Friemersheim, verander. In 1960 is die grond aan die staat verkoop.

Ons was so gelukkig om ‘n draai daar te ry. Tydens die inperking van 2020 het die kunstenaar, Fourie Ackerman die geleentheid gebruik om die dorpe op te helder met groot skilderye van diere teen die ou geboue se mure.

Die dorpie se inwoners geniet dit dat toeriste hulle dorp besoek, stop en foto’s neem.

Friemersheim vorm ook deel van die geur roete.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.